Trein Chalets

Slegs 2 persone kan gehuisves word.

Stoep met ‘n dak waaronder ‘n geboude braaier en tuinmeubels vir 2 persone.   Aparte toilet.   Stort en in dieselfde vertrek is daar ‘n spieëltafel (geen haardroër nie).    Sit- slaapvertrek met 2 enkelbeddens wat bymekaar gestoot is.   Sitbank in dieselfde vertrek.  Lugreëling in hierdie vertrek.   Klein kleur TV met SABC kanale.   Aparte kombuis met yskas, 2-plaat elektriese stoof met ‘n klein oondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel en –broodrooster.   Alle eet- en kookgerei, handdoeke en linne word voorsien.   Bring asb. eie handdoeke vir swembad.   Chalets word daagliks gediens.    Geen motorafdak nie.