Publieke/Privaat Woonwa staanplek

Publieke

Lieflike groot bome, geplaveide paaie, keurige badkamergeriewe met skottelgoedkombuis en waskamergeriewe met outomatiese wasmasjiene en tuimeldroërs.  Warm water altyd beskikbaar. 100,150 m², gelyk staanplekke met kragpunte (gewone 3 punt kragprop), waterkrane en geboude braaiers.

Privaat

Eenheid kan net deur een woonwa gebruik word.  Stoep met ‘n onderdak braaiplek.   Kombuis met dubbelle opwasbak en yskas. Aparte toilet.   In die badkamer is daar bad, stort en wasbak.

Eenheid word daagliks gediens (skottelgoed word nie gewas nie).