Chalets

Toegerus met eet- en kookgerei, 2-plaat elektriese stoof met klein ondjie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, -ketel, -broodrooster en yskas.  Linne, handdoeke en opwasvadoeke word voorsien.   Hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed, Klerekas met ‘n klein ingeboude kluis, asook ‘n haardroër op die spieëltafel.   2de Slaapkamer het ‘n stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed), met ingeboude klerekas. In die sitkamer is 2 banke waarvoor ons ook linne verskaf maar net geskik vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar wat klein van postuur is.   Badkamer het bad, stort en toilet. In die sitkamer is daar TV met DSTV opvangs (slegs sport en sekere fliek kanale). Tuinmeubels en braai area voor die chalet asook ‘n skadunet motorafdak vir 1 voertuig. Bring asb. eie handdoeke vir die swembad.   Elektriese onderkombers op dubbelbed vanaf Junie tot Augustus.   Alle beddens het duvets en daar is 4 enkelbedkomberse. Elke eenheid het ‘n verwarmer vir gebruik gedurende winter maande.   Chalets word daagliks gediens.   Tariewe gekwoteer vir 2, 3, 4, 5 of 6 persone.  Die chalet is geskik vir 2 volwassnesse en 2 kinders of 3 volwassenesse en 3 kinders.  Is nie geskik vir 2 getroude paartjies (4 volwassenesse nie) omdat die 2de kamer ‘n stapelbed (d.i. een bed bokant die ander bed) het.  Ervaring het ons geleer dat getroude pare nie op ‘n stapelbed wil slaap nie.

Neem kennis dat die onderste foto’s kan van chalets verskil a.g.v binneversiering.