Boeremusiek naweke

Kom geniet ‘n naweek saam met ons Boeremusiek familie en luister na Boeremusiek wat gespeel word op die tradisionele styl.  Hier word gedans en gekuier en Koppisol vibreer tot laatnag Vrydag- en Saterdagaand!  Die manne begin al Vrydagmiddag speel en Saterdag so van 09:00 af.  Die musiek is nie oorverdowend nie en daar word lekker gekuier en gesels tussendeur.  Word jy dors kom geniet ‘n koppie koffie en ‘n pannekoek en as die hongerpyne knaag kom koop ‘n lekker bakkie Kerrie-en-rys of slap “chips” of selfs ‘n vetkoek met maalveis.

Bring jou woonwa en word deel van jou kultuur.

Ons Boeremusiek datums vir 2017 is as volg:

  • 10 – 12 Februarie
  • 31 Maart – 02 April
  • 26 – 28 Mei
  • 8 – 10 September
  • 10 – 12 November

Ons Boeremusiek datums vir 2018 is as volg:

  • 9 – 11 Februarie
  • 20 – 22 April
  • 18 – 20 Mei
  • 7 – 9 September
  • 9 – 11 November