Meer oor Koppisol.

Geleë in ‘n rustige, landelike omgewing, slegs 35 km vanaf Johannesburg op die R82 by Southgate verby bied Koppisol lafenis aan die moeë stadsbewoner wat uit die betonoerwoud wil vlug.  Kom rus uit in ‘n pragtige, veilige, boomryke omgewing.  Hier het jy die geleentheid om weer die gekwetter van die voëls te waardeer en te vergeet van die stad se gewoel en gejaag.  24 Uur toegangsbeheer met sekuriteitsomheining.

Waterglybaan maak Saterdae, Sondae en skoolvakansies (uitgesondered winter skoolvakansie) oop om 11:00 en is oop vir solank as wat daar genoegsame persone is wat gebruik maak daarvan.  Glybaan maak weer om 14:00 (2nm) oop.  (Let wel: Tye kan verskil en hang van die weer af).   In gevalle van onweer word die glybaan nie oopgemaak nie.   Gebruik van die waterglybaan is gratis.  Gedurende September – April is daar so ook ‘n warmwaterswembad beskikbaar.  Warmwaterswembad word nie gedurende die week en winter tydperk verhit nie.

GEEN DAGBESOEKERS, HONDE, MOTORFIETSE, VUURWERKE OF HARDE MUSIEK NIE.